Putco bekommerd oor geskil met Numsa

Die Putco-busmaatskappy en die vakbond Numsa kon nie ‘n middeweg vind oor geskorste werknemers nie. Die geskil dateer terug na ‘n onwettige staking in September 2022, waarna sekere werknemers met volle betaling geskors is, hangende die uitslag van ‘n ondersoek deur die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie. Putco se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê tydens ‘n opvolgvergadering gister, het Numsa geëis vir alle geskorste werknemers om heraangestel te word of nie by die Putco-perseel hoef aan te meld terwyl hulle geskors is nie.