Pupkewitz Toyota, Yango skep geleentheid vir entrepreneurs

Die internasionale tegnologiemaatskappy Yango en Pupkewitz Toyota het kragte saamgesnoer om opwindende entrepreneursgeleenthede vir Windhoek se inwoners te skep, in ‘n gedeelde strewe om Namibiese entrepreneurs te bemagtig. Hierdie strategiese vennootskap bied ‘n unieke geleentheid om vir jouself te werk deur die betroubare Toyota Vitz en Yango se rit-roep platform. Enigiemand kan ‘n Vitz by Pupkewitz Toyota kontant of deur die bank koop vir 2 900 Namibiese dollar per maand en dit by Yango registreer, en ‘n minimum van 15 000 dollar per maand verdien. Die veldtog duur tot 25 Mei. Shawapala Kandjabanga, handelsmerkbestuurder by Pupkewitz Toyota, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.