Pupkewitz Megabuild weer titelborg van Tour de Windhoek 2025
Pupkewitz Megabuild het sy volgehoue verbintenis as die titelborg van die Tour de Windhoek 2025 aangekondig. Volgende jaar se byeenkoms sal ‘n mylpaal vir Namibiese fietsry wees, met die dameswedren wat akkreditasie van beide die internasionale beheerliggaam, UCI, en die Afrika Fietsry Konfederasie verdien. Dit sal Namibië se eerste geakkrediteerde padren wees. Die Tour de Windhoek 2025 sal van 20 tot 23 Februarie plaasvind, met ‘n “grand finale” en prysuitdeling by Pupkewitz Megabuild Lifestyle. Sportminister Agnes Tjongarero het tydens die aankondiging die publiek verseker van die regering se verbintenis tot sport.