Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek is hier!
Die hoogs gewilde jaarlikse Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek-padfietsren het gister op ‘n hoë noot afgeskop met die proloog, voor die vyf ernstige sneltrajekte oor drie dae in en om die hoofstad. Die eerste skof het vanoggend by Teufelsschlucht oor 120km plaasgevind, met die tweede skof wat tans op die Koperbergpas aan die gang is. Saterdagoggend sal die manne eerste in die ry wees vir skof drie se 98km. Die vroue vertrek tien minute later vir hul 68km. Die vierde skof môre is die gewilde 1,7km kriterium om die blok van Pupkewitz Megabuild tot by die Snyman-sirkel en terug na die begin- en eindstreep. Sondagoggend om kwart-oor-7 begin die mans die vyfde en laaste skof van 77,5km, hoofsaaklik op die Matchless- en Daan Viljoen-pad. Die vroue sluit hul toer af met die laaste skof van 57,5km.