Punjab klop Eagles, loop 2-0 voor

Punjab het die Richelieu Eagles met 87 lopies op die Wanderers-veld geklop om ‘n 2-0 voorsprong in die Castle Lite-eendagreeks op te bou. Punjab was 256 almal uit en het Namibië tot 169 almal uit beperk. Die aanvangskolwer, Mann Pukhraj, het met 73 lopies van 103 balle die toon aangegee vir Punjab se oorwinning. Die Eagles se hoogste telling was JC Balt se 26 van 65 balle. Die volgende wedstryd in die reeks van vyf begin môre om half-tien by Wanderers.