Pumas maak geskiedenis

Rugby: Die Pumas het geskiedenis in die Diamantstad gemaak deur die eerste keer ooit die Curriebeker te wen. Die Pumas het vir ‘n opskudding veroorsaak deur die Griekwas voor hul tuisskare op Kimberley met 26-19 te klop. Die besoekers was rustyd met 18-9 voor. Feesvieringe het tot laatnag geduur op ʼn historiese dag vir die kleiner unies in Suid-Afrika.