Puma Energy, Hungry Lion smee vennootskap

Puma Energy het ‘n vennootskap met die Hungry Lion-restaurantketting aangegaan om sneldiens restaurante by sy diensstasies aan te bied, met die eerste tak onder die vennootskap wat in Oshakati bekendgestel is. Daar word beplan om in 2024 bykomende afsetpunte in Namibië en die res van Afrika te vestig. Adrian Basson, uitvoerende hoof van Hungry Lion, sê die tak-opening is ‘n voorbeeld van uitstekende samewerking met Puma Energy. Hy hoop dat die sneldiens restaurant die eerste van vele regoor Afrika sal wees. Die restaurant in Oshakati het meer as 16 nuwe werksgeleenthede geskep.