Puerto Rico se aartbiskop sê Trump moet jammer sê
Die aartsbiskop van Puerto Rico doen ʼn beroep op Donald Trump om persoonlik verskoning te vra vir die opruiende opmerkings wat ʼn komediant Sondag tydens sy saamtrek by Madison Square Garden gemaak het. Hy het na die Amerikaanse eilandgebied as ʼn drywende eiland van vullis verwys. Trump se veldtog distansieer hom van Tony Hinchcliffe se opmerking en sê dit weerspieël nie die oudpresident se mening nie. Trump het self egter nie gereageer nie. Die aartsbiskop het op sosiale media gesê dis belangrik dat Trump persoonlik verskoning vra.