Publiek moet sê oor skoolkalender vir ’24

Die Namibiese onderwysministerie vra insette van die publiek oor twee voorgestelde skoolkalenders vir volgende jaar. Daar is nie noemenswaardige verskille nie dit is net die begin van die akademiese jaar wat verskil sowel as die breek in die tweede semester. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp sê die kalenders is in die plaaslike koerante geadverteer.