Publiek moet sê oor nuwe Openbare Beskermer

Die Suid-Afrikaanse parlement se ad hoc-komitee wat ‘n persoon vir aanstelling as Openbare Beskermer moet benoem, het die publiek en organisasies gevra om teen die einde van die werksweek geskikte kandidate vir ‘n nuwe ampsdraer te benoem. Die voorsitter, Cyril Xaba, sê aansoeke sal ook aanvaar word en benoemings en aansoeke kan tot Vrydag ingedien word. Hy sê alle kandidate op die kortlys sal as deel van die keuringsproses aan geskiktheidskeuring, verwysingstoetse en bevestiging van kwalifikasies onderwerp word: