Publiek ‘moet meer betrek word by begrotingsbeplanning’

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië het ‘n verslag vrygestel oor openbare perspektiewe op die toekenning en doeltreffendheid van die nasionale begroting. Die middeltermynbegroting word oor ‘n maand vrygestel en die verslag sê dat deursigtigheid en konsultasies laag is. Daar is ‘n duidelike oproep van die publiek vir ‘n verskuiwing in toekennings na ekonomiese ontwikkeling en infrastruktuur. Die verslag sê die regering moet sy begrotingsprioriteite hersien om te verseker dat hulpbronne gerig word na sektore wat die grootste potensiaal het om langtermyngroei en ontwikkeling aan te dryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat sê die publiek moet meer by beplanning betrek word.