Publiek mag mahangu invoer, meulenaars nie
President Nangolo Mbumba het die polisie aangemoedig om op te hou om mense te verbied om mahangu van oor die grens met buurlande te bring. Dit gebeur omdat plaaslike oeste van die stapelvoedsel grootliks misluk het weens die droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoofbestuurder van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, wat sê die algemene publiek word toegelaat om mahangu of mielies uit ander lande in te voer, maar nie meulenaars nie.
Altesaam 33 000 ton wit mielies sal na verwagting ge-oes word. Mulonda verduidelik die pryse en hoekom dit nou duur is.