Publiek het nie selfvertroue om korrupsie aan te meld nie
Die Integrity Namibia-konferensie het op Gobabis plaasgevind en kwessies van korrupsie en hoe dit die samelewing raak, is aangespreek. Tydens die konferensie het deelnemers aangedui dat die publiek nie die selfvertroue het om korrupsie aan te meld nie. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood, het tydens die konferensie gesê die bekamping van korrupsie kan bevorder word met die beskerming van fluitjieblasers, omdat die ministerie van justisie daardie pogings verskerp en ‘n begroting in plek het.