Psigiatriese waarneming vir klipgooier van Nujoma-voertuig

Die man wat arbeidsminister Utoni Nujoma se luukse voertuig met klippe bestook het, is voorheen psigiatries behandel. Landdros Mutafela Likando het sy mediese rekords ontvang en die 18-jarige Frans Narib is vir psigose na dagga-gebruik behandel. Hy is in Julie van sy medikasie afgehaal. Narib het Sondagmiddag die Mercedes Benz beskadig toe dit in Frans Indongo-straat geparkeer was met Nujoma wat ‘n apteek besoek het. Hy het in die hof aangedui hy sal skuldig pleit. Hy word nou gestuur vir psigiatriese evaluering en sy saak is tot 15 November uitgestel.