Psigiatriese pasiënte ‘soos diere aangehou’
Die DA in Gauteng sê hy is geskok oor mediaberigte dat 30 psigiatriese pasiënte onder haglike omstandighede in ʼn noodsaal by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gehuisves word. Volgens ʼn bron word die pasiënte soos diere aangehou. Jack Bloom van die DA sê die bron sê verder die 30 pasiënte het geen privaatheid of regstreekse toegang tot toilette nie omdat sekuriteitswagte hulle slegs een of twee keer per dag na die toilette vergesel.