Psemas raak tameletjie vir mediese praktisyns

Die Namibiese Privaatpraktisynsforum het ‘n peiling onder sy lede uitgevoer nadat die staat se mediese fonds Psemas te kenne gegee het dat die 2014 maatstaftariewe sal vir hom geldig bly tot Maart 2025. Die forum sê die behandeling van Psemas-pasiënte onder die PSEMAS-kontrak word al hoe meer onlewensvatbaar en die aantal praktisyns wat aan die fonds gekontrakteer is neem af. Die peiling toon  71 persent van gesondheidsorgverskaffers begin vra vir bybetalings van fondslede, of verhoog die bybetalings.