Psemas-lede sukkel al hoe meer om behandeling te kry, tariewe te laag
Pasiënte by die Staatsdiens Mediese Fonds, of Psemas, vind dit al hoe moeiliker om behandeling te kry. Die aantal gesondheidsorgverskaffers wat met Psemas gekontrakteer is neem af, en gekontrakteerde verskaffers verminder die aantal Psemas-begunstigdes wat hulle bereid is om te behandel. Die hoofoorsaak hiervan is die lae tariewe wat Psemas betaal en wat tot minstens Maart 2025 vasgestel is, teen die Namaf-maatstaftariewe wat in 2014 van toepassing was. Kosmos 94.1 Nuus het met Eben de Klerk van die Namibiese Private Praktisyns-forum gesels. De Klerk sê die situasie is ‘n tikkende tydbom.