Prysstygings sal voortduur, hoër rentekoers enigste stappe wat geneem kan word

Die styging in pryse sal volgens ekonome voortduur en is buite die regering se beheer omdat dit aangedryf word deur die oorlog in Oos-Europa. Dr. Mally Likukela sê die enigste ding wat plaaslik gedoen kan word om die inflasie te probeer beheer is om rentekoerse te verhoog.