Pryse van kunsmis en fosvaatvoer is hemelhoog

Die waarde van ingevoerde kunsmis bly hoog bo die vlakke wat die afgelope twee jaar gesien is. In 2020 kos die maandelikse invoer van kunsmis gemiddeld 33 miljoen Namibiese dollar, volgens Februarie se landbouverslag van Simonis Storm. Dit het die afgelope jaar tot ‘n maandelikse gemiddeld van 108 miljoen dollar toegeneem. Terselfdertyd het fosfaatvoer vir vee vroeër sowat 240 dollar per sak gekos en nou is dit meer as 600 dollar per sak, wat insetkoste vir veeboere baie duur hou. In die pluimveesektor het hoender-voer in 2022 met meer as 60 persent toegeneem as gevolg van die stygende landbou-kommoditeitsproses ná die oorlog in die Oekraïne. Bestuurder van Feedmaster, Jaco Labuschagne gee sy mening oor voerpryse aan Kosmos 94.1 Nuus.