Prys van uraan styg straks nog meer
Die prys van uraan het verlede week tot sy hoogste vlak sedert 2007 gestyg, en staan tans op 92,50 Amerikaanse dollar, oftewel meer as 1 700 Namibiese dollar, per pond. Dit is goeie nuus vir Namibië, wat die wêreld se derde-grootste produsent van uraan is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Johan Roux , die algemene bestuurder van die Langer Heinrich Myn, wat sê die prys sal na verwagtinge nog verder styg.