Prys van braaibroodjies styg net 0,7%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het soos verwag die repokoers met 0,25 persentasiepunte verlaag tot 8 persent. Nog ‘n belangrike ekonomiese aanwyser is die ekonoom Johan Bierman se braaibroodjie-indeks vir Augustus. Die prys van braaibroodjies het met net 0,7 persent gestyg. Op ‘n jaar-tot-datum basis het die prys van braaibroodjies met 6,1 persent gestyg, wesensinflasie is 2,9 persent hoër en voedselinflasie is net 1,2 persent hoër. Drywers van die maandelikse verhoging het ‘n sprong van 3,3 persent in tamaties en ‘n sprong van 1,6 persent in brood ingesluit. Uie was 2,6 persent laer.