Protesoptog teen polisie-geweld op Keetmans na dood van man

Die gemeenskap van Keetmanshoop vat vandag hande met NEFF-aktivis, Michael Amushelelo, wat vandag betoog teen polisiebrutaliteit in Namibië. Die NEFF hou ‘n vreedsame protes-optog teen die borgtog van twee Namibiese polisiebeamptes in verband met die dood van 31-jarige Elleste Plaatjie in. Die twee beamptes van die Spesiale Reserwemag verskyn vandag in die landdroshof op ‘n klag van moord nadat hulle glo die 31-jarige Plaatjie tydens ‘n roetine-polisie-operasie aangerand het. Hy is daarna dood. Amushelelo sê die lewens van mense in Namibië is minder werd as dié van diere.