Protesgangers sê daar’s korrupsie in hervestiging in Omaheke

Die protesaksie op Gobabis vind op die oomblik plaas. Die LPM dryf dit aan om grond vir voormalige plaaswerkers en die klein-boere wat rondom Gobabis bedrywig is te bekom. Daar was dreigemente dat grond onwettig beset sou word maar dit is eers afgelas. Een van die protesgangers, bekend net as Jomo, het sy boodskap so aan die landbouminister Calle Schlettwein oorgedra.