Proteas Vroue vra vir meer toetse

Krieket: Die Proteas Vroue wil meer toetse speel om gelyk te trek met ander lande. Die vroue is op pad na Indië vir ‘n toer van een toets, drie T20’s en drie eendagwedstryde. Die tussentydse afrigter, Dillon du Preez, en die paaltjiewagter, Sinalo Jafta, verwelkom die eenmalige toets maar sê hulle benodig meer kolftyd in die langste formaat. Hulle sê lande soos Indië, Australië en Engeland speel waarskynlik elke seisoen vyf of ses toetse en toetse gaan oor kolftyd.