Proteas Vroue kry kolf-meesterklas by Indië

Krieket: Dit was ‘n aaklige eerste dag vir die Proteas Vroue in hulle eenmalige toets teen Indië in Chennai. Die gasvroue het die loot gewen en besluit om te kolf. Die eerste paaltjie het eers in die 52ste beurt gekantel met Indië op 292 toe Smriti Mandhana vir 149 lopies uitgehaal is. Haar aanvangsvennoot, Shafali Verma, het voortgekolf en 205 van slegs 197 aflewerings aangeteken. Teen uitskeityd was die tuisspan op 525 vir vier – ‘n gemiddeld van meer as vyf lopies per boulbeurt vir die dag.