Proteas-vroue, Indië in opwarmingswedstryd vir T20 Wêreldbeker

Die Proteas-vroue speel vandag in Dubai teen Indië in ’n opwarmingswedstryd vir die T20 Wêreldbeker wat môre in die Verenigde Arabiese Emirate begin. Suid-Afrika se eerste wedstryd in die toernooi is Vrydag teen die Windies, ook in Dubai. Die toernooi begin Donderdag in Sjarja met ʼn wedstryd tussen Skotland en Bangladesj wat weens politieke onrus die reg verbeur het om die toernooi aan te bied. Donderdag speel Pakistan en Sri Lanka in Sjarja. Die eindstryd is op die 20ste in Dubai.