Proteas verbrou eerste wedstryd in Durban

Die Proteas het hul seisoen op ‘n teleurstellende noot begin, toe hulle in die eerste T20-kragmeting op Kingsmead in Durban deur Australië vermorsel is. Kaptein Mitchell Marsh met ‘n onoorwonne 92 en Tim David met 64 lopies, het bygedra tot die besoekers se 226, voordat die gashere vir net 115 uitgehaal is. Dit is ‘n rekordoorwinning van 111 lopies. Die nuweling draaibalbouler Tanveer Sangha het vier paaltjies ingepalm. Reeza Hendriks, wat met 56 lopies die beste vir die Proteas gevaar het, sê hulle is teleurgesteld met hul vertoning: