Proteas soek momentum teen Pakistan
Suid-Afrika en Australië pak mekaar volgende week in een van die Wêreldbeker-halfeindstryde, maar die Proteas het môre eers ʼn laaste groepsverpligting teen Afganistan in Ahmedabad. Suid-Afrika sal graag ʼn mate van momentum wil herwin nadat Indië hulle in die vorige wedstryd verpletter het. Die boulafrigter, Eric Simons, sê hulle mag nie toelaat dat Afganistan hulle ontwrig nie.