Proteas se afrigter hoop lesse is teen Afghanistan geleer

Krieket: Die witbalafrigter van die Proteas, Rob Walter, is teleurgesteld met hulle eendagreeksnederlaag teen Afghanistan, maar bly hoopvol die uitdagende toestande sou die onervare spelers tot voordeel strek. Die Proteas het die reeks verloor maar die bordjies verhang met ʼn troosprys-oorwinning van sewe paaltjies oor Afghanistan. Walter vertrou die nuwe groep spelers sal draaiboulers beter hanteer met die oog op die Kampioenetrofee aanstaande jaar in Pakistan vanaf 19 Februarie tot 9 Maart.