Proteas sal vandag regmaak…

Die Protea-snelbouler, Anrich Nortjé, sê die span se vertoning in die derde T20 teen Indiё was teleurstellend en hulle beoog om dit reg te stel in vanmiddag se vierde wedstryd in Rajkot. Suid-Afrika loop met 2-1 voor in die reeks. Die Proteas kan ʼn hupstoot kry met die moontlike terugkeer van die aanvangskolwer, Quinton de Kock, wat met ʼn gewrigbesering sukkel. Hy het reeds die afgelope paar dae geoefen. Nortjé sê hulle benader die vierde T20 soos ʼn eindstryd: