Proteas poog vir eerste Wêreldbeker-trofee

Suid-Afrika staan vanmiddag voor ‘n Dawid teen Goliat-stryd in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker teen Indië op die Kensington-ovaal. Die Proteas wil hulle eerste Wêreldbeker-trofee verower nadat hulle Afghanistan met nege paaltjies geklop het. Indië het Engeland met 68 lopies verslaan en sal na verwagting klipharde teenstanders wees. Oud-Protea Fanie de Villiers het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.