Proteas ‘ou manne’ steeds deel van beplanning

Krieket: Die Proteas begin hulle beperkte opbou vir die T20 Wêreldbeker aanstaande jaar in die Karibiese Eilande en Amerika met ʼn kort reeks teen Indië. Die eerste wedstryd is Sondag in Durban uitgereën en die tweede wedstryd vind vanmiddag in Gqeberha plaas. Verskeie nuwe en belowende gesigte is deur hoofafrigter, Rob Walter, nadergetrek in ʼn poging om diepte te bou en ʼn paar van die eerstekeuse-spelers ʼn blaaskans te gee. Suid-Afrika het nog net vier T20’s oor om hulle planne vir die Wêreldbeker agtermekaar te kry en volgens Walter is spelers soos Faf du Plessis, Rilee Rossouw en Quinton de Kock steeds deel van die beplanning.