Proteas nie op volle sterkte vir Nieu-Seeland nie

Die Proteas-toetsgroep is nie op volle sterkte nie maar is gereed om die geleentheid in Nieu-Seeland aan te gryp met die eerste van twee toetse wat Sondag begin. Na die voltooiing vandag van ‘n driedaagse oefenwedstryd teen ‘n Nieu-Seelandse Elftal, kies die Proteas nou koers na Mount Maunganui vir die eerste wedstryd in die reeks. Niemand gun die Proteas eintlik ‘n kans nie met agt nuwelinge in die span, maar afrigter Shukri Conrad glo hulle is goed voorbereid en gereed om mee te ding.