Proteas neem opkomende T20 reeks ernstig op

Nuwe Protea-witbalafrigter, Rob Walter, sê hulle neem die komende T20-reeks van drie wedstryde teen die Wes-Indiese Eilande ernstig op, en soek na hul eie bloudruk vir dié formaat van die wedstryd. Die eerste T20 word môre in Centurion gespeel. Walter sê hy beoog ook om die reeks te gebruik om Kagiso Rabada en Anrich Nortje terug te kry in mededingende krieket nadat hulle gespaar is vir die internasionale eendag-kragmetings: