Proteas looi Ierland in Abu Dhabi

‘n Eerste eendag-honderdtal vir Tristan Stubbs, gesteun deur uitstaande boulwerk deur Lizaad Williams, het die Proteas gehelp om  ‘n 174-lopie-oorwinning oor Ierland te behaal in die tweede wedstryd in die reeks in Abu Dhabi. Die sege beteken Suid-Afrika is nou twee-nul voor, met die laaste wedstryd wat Maandag gespeel word. Die Proteas het eerste gekolf en na hulle 50 beurte 343 vir 4 gehad, met Stubbs onoorwonne op 112 vanaf 81 balle. Ierland is binne 30 beurte en drie balle uitgeboul vir net 160.