Proteas klop Engeland met 7 lopies

Krieket: Engeland se droom van ‘n T20 Wêreldbeker-half-eindstryd wankel nadat hulle ‘n riller teen Suid-Afrika in die laaste beurt in St Lucia verloor het. Die Proteas se totaal was 163 vir 6, en Engeland moes 14 lopies met die laaste ses balle aanteken. Die wedstryd het egter in die Suid-Afrikaners se guns gedraai toe Aiden Markram met die eerste bal van die laaste beurt Harry Brook vir 53 uitgevang het. Suid-Afrika is nou heelwat nader aan die halfeindstryd, en het tot dusver albei hulle Super 8-wedstryde gewen. Hulle pak die Wes-Indiese Eilande volgende.