Proteas klop Bangladesj met ‘n beurt en 273 lopies
Krieket: Suid-Afrika het Bangladesj in die tweede toets in Chattogram verneder om die reeks 2-0 te beklink. Die gashere moes op die derde oggend opvolg na ʼn eerstebeurt-agterstand van 416 lopies nadat die Proteas gister op 575 vir ses verklaar het. Die paaltjies het weer feitlik onmiddellik begin val en die span is uitgeboul vir slegs 143, wat aan die Proteas ʼn oorwinning met ʼn beurt en 273 lopies besorg het. Keshav Maharaj het vyf paaltjies geneem nadat Kagiso Rabada dieselfde reggekry het in Bangladesj se eerste beurt.