Proteas keer terug na befaamde MCG en SCG

Krieket: Suid-Afrika en Australië se toetsspanne gaan aan die einde van die jaar kragte meet op die befaamde MCG en SCG. Krieket  Australië het bevestig die Tweede Kersdag-toets sal op die MCG in Melbourne gespeel word en die Nuwejaarstoets op die SCG in Sydney. Dit sal die eerste keer sedert 2008 wees dat die Proteas speel op die twee terreine wat as Australië se mees ikoniese krieketvelde beskou word. Die eerste toets vind op die Gabba in Brisbane plaas.