Proteas het voorsprong van 34 lopies na eerste dag in Mirpur

Krieket: Suid-Afrika het 140 vir ses bereik met uitskeityd op die eerste dag van die eerste toets teen Bangladesj in Mirpur. Die Proteas se boulers het uitstekend gevaar om die gashere vir net 106 uit te boul, maar Suid-Afrika se instaan-kaptein, Aiden Markram, het daarna sy paaltjie vir net ses lopies te verloor en nog vyf kolwers is uitgehaal toe die eerstebeurt-voorsprong net twee lopies was. Tony de Zorzi het 30 bygedra, Ryan Rickelton 27 en Tristan Stubbs 23. Kyle Verreyne en Wiaan Mulder hervat môre die beurt.