Proteas het reuse-uitdagings vanaand by Kingsmead

Suid-Afrika het die kans om sake reg te stel wanneer hy Australië vanaand in die tweede van drie T20’s in Durban pak. Dit volg op Woensdag se vernederende rekord-nederlaag van 111 lopies teen die besoekers in die eerste wedstryd. Die finale T20 word Sondag gespeel, ook in Durban. Dit word gevolg deur vyf eendagwedstryde as voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi in Indië. Reeza Hendriks, wat Woensdag die hoogste telling van 56 vir die Proteas aangeteken het, erken die Aussies was die beter span: