Proteas hervat vandag op ses sonder verlies

Mahmudul Hasan Joy het die eerste Bangladesjiese kolwer geword om ‘n toets-honderdtal teen Suid-Afrika aan te teken. Hy was uiteindelik die laaste speler uit vir 137, toe Bangladesj Suid-Afrika se eerste beurt-voorsprong tot 69 beperk het op die derde dag van die toets in Durban. Die Proteas het 367 lopies in hul eerste beurt aangeteken en die Tigers het geantwoord met 298. Sarel Erwee en Dean Elgar sal vandag hervat op ses sonder verlies.