Proteas, Engeland meet kragte

Krieket: Die Proteas speel teen Engeland in St Lucia in die tweede van hul Super-agt-wedstryde van die T20 Wêreldbeker. Ná vier senutergende oorwinnings kan die Suid-Afrikaanse ondersteuners sekerlik uitsien na verdere drama. Wedstryde in St Lucia is bekend vir hoë tellings. Engeland het suksesvol ‘n teiken van 181 teen die Wes-Indiese Eilande gejaag, Australië het 181 teen Skotland gejaag, en beide Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande het onderskeidelik meer as 200 teen Nederland en Afghanistan aangeteken. Die wedstryd begin om halfvyf.