Proteas boul Bangladesj uit vir 106 in Mirpur

Krieket: Suid-Afrika het Bangladesj vir slegs 106 uitgeboul aan die begin van die eerste toets in Mirpur. Die gashere het die loot gewen en besluit om eerste te kolf, maar hulle eerste paaltjie het gekantel met slegs ses lopies op die telbord. Kagiso Rabada, Wiaan Mulder en Keshav Maharaj het elkeen drie paaltjies geneem en die hele span was terug in die paviljoen in minder as 41 boulbeurte.