Proteas-afrigter verlekker hom in negatiewe uitsprake

Krieket: Die afrigter van die Proteas-toetsspan, Shukri Conrad, sê hy verlekker hom in die uitsprake dat sy span nie die gunstelinge is om die toetsreeks teen Nieu-Seeland te wen nie. Dit volg nadat Krieket Suid-Afrika ʼn swakker span gestuur het omdat die meerderheid van die eerstekeuse spelers betrokke is by die SA20-toernooi. Volgens Conrad maak die gebrek aan toetservaring hulle net meer vasbeslote. Slegs sewe van die 15 spelers het al in toetse gespeel. Snelbouler Duanne Olivier is die mees ervare speler met 15 toetse. Die eerste toets begin Sondag in Mount Maunganui.