Protea-vrouespan vertrek op geskiedkundige toer

Krieket: Die Protea-vrouespan is op pad na Australië vir ʼn geskiedkundige veelformaattoer. Dit bestaan uit drie T20’s, drie eendagwedstryde en een toets in Perth. Die eerste groep het gister vertrek en die tweede groep vlieg vandag. Suid-Afrika speel Woensdag ʼn opwarmingswedstryd en die T20-reeks begin op die 27ste in Canberra. Laura Wolvaardt wat die Proteas sal aanvoer, sê hulle is opgewonde oor die toer.