Protea-vroue val teen Indië in eerste T20
Amanjot Kaur se onoorwonne 41 het Indië se vroue tot ‘n oorwinning van 27 lopies teen Suid-Afrika gelei in die aanvangswedstryd van die Vrou-T20-reeks van drie wedstryde op Buffalo-park in Oos-Londen. Die Proteas het die loot gewen en besluit om eerste te boul, waarna Indië 147 vir ses aangeteken het in hulle 20 boulbeurte. Die gasvroue het egter vroeg reeds paaltjies verloor. Chloe Tryon en Nadine de Klerk het probeer om hulle span weer op dreef te kry met 39 lopies om die sesde paaltjie, maar dit was nie genoeg nie en die Proteas kon net 120 vir nege behaal. Tryon sê hulle kon beter doen: