Protea-vroue in Pakistan vir T20-reeks

Krieket: Die Protea-vroue speel tans teen Pakistan in Multan, in die eerste van drie T20-wedstryde. Die reeks dien as belangrike voorbereiding vir volgende maand se T20 Wêreldbeker-toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate, waar Suid-Afrika saam met die Wes-Indiese Eilande, Engeland, Skotland en Bangladesj in ‘n groep is. Suid-Afrika het 132 vir vier in hul 20 kolfbeurte aangeteken en Pakistan kolf tans. Kaptein Laura Wolvaardt sê hulle wil op alle gebiede verbeter.