Protea-dames op krukke lys
Daar is ‘n ellelange lys van uitdagings vir die Protea-vrouekrieketspan en hulle sal sonder ‘n hele paar spelers vir die eerste gedeelte van die toer na Indië moet klaarkom. Die span het sonder ervare Chloe Ryron vertrek aangesien die ster speler met ‘n rugbesering sukkel. Op die krukkelys is nog ander spelers soos Lara Goodall weens ‘n ligte dyspierbesering, Tazmin Brits sukkel met ‘n kniebesering en Ayanda Hlubi kon ook nie oorweeg word nie weens ‘n liesbesering. Die toer begin met ‘n eendag-oefenwedstryd teen ‘n uitnodigingspan op 13 Junie in Bengaluru