Program vorder vir herbevolking van swartrenosters in Kenia

‘n Renosterskuiling in Kenia het onderneem om sy swartrenoster-bevolking te verdubbel. Volgens die Wêreldnatuurlewefonds word swartrenosters steeds erg bedreig, met net sowat vyf-duisend-500 wat in die wêreld oor is. Die Sera-gemeenskaps-renosterskuiling het in 2015 tien swartrenosters ingeneem, wat danksy ‘n teelprogram tot 19 vermeerder het.