Professionele jagter verskyn weer na luiperd in hok gevind is
Philip Hennings sal vandag weer in die Katutura-landdroshof verskyn op verskeie klagtes wat die onwettige jag van beskermde wild insluit. Volgens owerhede is ‘n klopjag uitgevoer op sy plaas in die Khomas Hoogland en ‘n sleepwa met ‘n lewende luiperd is op 20 Februarie vanjaar gevind. Die 33-jarige se professionele jaglisensie is volgens berigte reeds opgeskort. Owerhede sukkel ‘n geruime tyd met die onwettige jag van veral luiperds met praktyke wat jag met honde, diere wat bedwelm is en meer, insluit.